Die Swart Koedoe kry sy kleur vanaf n resesiewe geen en die kleur kom nie van kruisings af nie.

Die koedoe (Tragelaphus strepsiceros, Engels: Greater Kudu) is 'n wildsbok wat in Suider-Afrika voorkom. Die bul weeg tot 270 kg en die koei tot 210 kg. Die bul het horings wat tot 150 cm lank kan word terwyl die koeie nie horings het nie. Tussen die oë is 'n wit chevronmerk.

Die dier kom voor in tipiese ruig bosveldgebiede veral naby of op koppies. Hy het 'n besonderse vermoë om stilletjies tussen plante en ruigtes te "verdwyn" vanweë sy geruislose bewegings terwyl hy wei.