In 2000 het Kruger sy eerste swart rooibok ram gekoop. Vandag is hy baie trots op die groot aantal kwaliteit swart rooibokke wat hy op sy plaas het, veral die uitstekende donker swart kleur, en die uitstekende horing lengtes van die swart ramme. In 2016 was die meerderheid van sy swart rooibok ramme van 14 tot 15 maande oud, tussen 16” en 18”.

In 2001 het Kruger sy eerste goue wildebeeste gekoop. Hulle was eers in 50 tot 80 hektaar kampe. Ongeveer 8 tot 10 jaar gelede het hy al die gewone blou wildebeeste vanaf die oop plaas afgehaal, en die goue wildebeeste en split goue wildebees verse en koeie op die oop plaas geplaas. Kruger het gereeld groter en beter bulle bygevoeg op die oop plaas, asook gereeld split vroulike goue wildebeeste ingekoop om die genetika te verbeter. 

In 2015 / 2016 het Kruger ‘n 29.25” goue bul ingekoop en bygevoeg op die oop plaas. Daar was natuurlik ‘n groot verskeidenheid goue bulle om die koeie te kan dek. Elke jaar het Kruger al die split bulle uitgehaal, en oorgeskuif na die jag plaas. Net die goue bulle met die beste horings en kleur het by die koeie op die oop plaas gebly. Die res van die goue bulle was ook elke jaar uitgehaal, sodat net die beste bulle kon dek op die 1400 hektaar oop plaas. In 2016 het Kruger al die goue wildebeeste van die oop plaas afgehaal, en oorgeskuif na ‘n ander plaas. Hy het 140 goue wildebeeste afgehaal, en amper dieselfde getal split goue wildebees verse en koeie afgehaal. 

Dieselfde tyd het hy nog ‘n paar uitsonderlike groot horing jong goue wildebees bulle van 2 jaar oud ingekoop vanaf oom Henry Enslin (Visarendsvlei) om goeie nuwe genetika tot sy bestaande troppe by te voeg.

Kruger het in 2003 sy eerste konings wildebeeste gekoop. Dit was die begin van groot dinge wat jare later sou gebeur. Die eerste konings wildebees wat geteel was in Suid Afrika, was geteel deur Kruger van Zyl. Daardie konings wildebees is die baie bekende konings bul “King” wat 27” meet. In 2010 verkoop Kruger van Zyl vir “King” en vier van “King” se seuns. Twee van die kopers was onder andere Piet du Toit, en oom Dries Visser. In 2011 was daar ‘n artikel oor konings wildebeeste in die Jag en Wild tydskrif, waar Piet du Toit die opskrif “The next big thing” geskryf het. In Februarie 2012 het Piet du Toit sy eerste wildsveiling gehou by sy plaas in Lindley’s Poort, naby Rustenburg. Twee van die lotte wat uitgestaan het op die veiling, was die verkoop van die buffel koei “Tanzanië” vir R 20 000 000, en die verkoop van die konings bul “King” vir R 5 100 000. Die gelukkige koper van “King” was Wiekus en Ande Ras van Ashford Lodge (Pilanesberg Game Breeders). Piet du Toit se konings wildebees bul “Brutus”, is een van die “King” seuns wat hy by Kruger van Zyl gekoop het in 2010. Lukie Steenkamp van Bluechip Game Breeders is nou die gelukkige eienaar van “King”.

Kruger van Zyl het net twee van “King” se seuns vir homself gehou. Hulle is “Kruger snr” en “Kruger jnr”. Hy het jare gelede besef dat die konings wildebeeste se getalle gaan met tyd vermeerder, en daarom was dit nie vir hom goed genoeg om net met die twee konings bulle (Kruger snr en Kruger jnr) te teel nie. Net soos met elke ander spesie en variant, was dit belangrik vir hom om meer en beter teel genetika in te kry, om sodoende die kwaliteit van die teel kuddes te verbeter. Kruger van Zyl het besef dat wanneer die getalle meer gaan word, gaan die bulle en koeie met kleiner horings baie minder werd wees as die bulle en koeie met groter horings. Dit is hoe al die boere wat gewone suksesvolle boere was, en nou groot en bekende boere geword het, te werk gegaan het. Al die bekende boere / telers wat vir kwaliteit wild bekend is, het meer as een of twee teel bulle of teel ramme.

Ek het die voorreg om vir ‘n hele klompie jare lank al Kruger te ken as ‘n vriend, en om sy wild te bemark. Solank as wat ek vir Kruger ken, het hy nog elke jaar nuwe basis koeie ingekoop met groter horings, asook nuwe konings wildebees bulle met goeie potentiaal om die genetika en kwaliteit van sy kuddes te verbeter. In 2012 het hy met 5 konings bulle geteel, waarvan net twee deur hom geteel was. In 2016 het hy geteel met 12 konings wildebees teel bulle, waarvan net drie bulle nie 27” gemeet het nie. Die konings teel bulle waarmee Kruger teel, is vanaf 26” tot 29”. Dit is baie merkwaardig, as in ag geneem word dat die gemiddelde horing lengte van konings wildebees teel bulle nog onder 24” is in Suid Afrika. 

Ingesluit in die 12 teel bulle waarmee Kruger geteel het in 2016, is die twee grootste konings wildebeeste in Suid Afrika, waarvan ons weet. In 2017 het Kruger van Zyl 16 konings wildebees teel bulle waarmee hy teel.

Ek het die afgelope 6 jaar die voorreg gehad om met baie konings wildebeeste uit verskillende bloedlyne by verskillende boere te werk. By my bestaan daar geen twyfel dat elke jaar lewer Kruger van Zyl se kuddes die beste kwaliteit konings wildebeeste, en die kwaliteit verbeter ook elke jaar. Daar is van sy troppe waar amper elke bul kalf wat gebore word, ‘n minimum van 27” meet. Die bulle wat uit daardie troppe nie 27” meet nie, is ook maar net net onder 27”.

By alle wild vanaf steenbokke tot buffels, sien ons dat kwaliteit word gemeet aan die horing lengtes van die wild (manlik en vrouik). Selfs met wild waarvan daar al baie is soos buffels, swartwitpense, goue wildebeeste ens, sien ons dat elke jaar word rekord pryse betaal vir die bulle en koeie met die grootste horings. Met die verskriklike droogte van 2015 / 2016 het ons laer wilds pryse gesien in 2016. Die laer pryse het nogsteeds nie verhoed dat rekord pryse betaal was vir uitsonderlike horings op veilings nie.

Met konings wildebeeste is dit nie net die horing lengtes wat in aanvraag is nie, maar ook kleur kwaliteit. Alhoewel die kolle by konings wildebeeste nie ‘n vereiste kenmerk van ‘n konings wildebees is nie (soos uitgelê deur konings wildebees telers in Junie 2013), is die kolle mooi en in groot aanvraag. Daarom het Kruger van Zyl besluit om groot horings met groot kolle te kombineer. Ek het al gehoor dat mense sê dat Kruger se konings wildebeeste het nie groot kolle nie. Ek gebruik nou die geleetheid om dit reg te stel. Kruger van Zyl het heelwat konings wildebeeste met groot kolle, en ek dink hy het meer groot kol konings wildebeeste as enige ander plaas in Suid Afrika. Hy het nog net nie groot kol konings wildebeeste verkoop nie.

Vir die 2017 teel seisoen, het Kruger al die konings verse wat geteel is uit sy drie grootste konings bulle (insluitend die twee grootste bulle in SA), by ‘n baie mooi groot kol bul gesit om deur hom gedek te word. Sodoende kombineer hy groot kol met groot horing genetika.

Op hierdie stadium is daar nog heelwat minder konings wildebeeste in Suid Afrika. Die aanvraag was altyd groot, wat die pryse opgestoot het. Daarom is die meederheid konings wildebeeste in die besit van gegoede boere, waarvan die meerderheid net een of twee teelbulle het. Dit beteken dat die pryse moes bietjie daal om meer bekostigbaar te wees vir boere wat bietjie minder kapitaal het om mee te koop. Die droogte en hoë voer kostes, asook onsekere ekonomie het ook nog verder bygedra tot verlaagde pryse by alle wild insluitende konings wildebeeste. 

Gelukkig het die Here die grootste gedeelte van die land geseën met goeie reën die afgelope reën seisoen. Groot gedeeltes van die land het goeie weiding, wat die voer kostes en voer hoeveelhede in die komende winter sal afbring. Dit behoort by te dra tot ‘n positiewe verandering in wild pryse. 

Jy kan nie verkeerd gaan deur ’n Kruger van Zyl konings wildebees te koop nie.

- Wynand Breytenbach


Ander wild wat Kruger van Zyl mee teel, en alreeds top kwaliteit geteel het, is:

  • Swart koedoes
  • Wit Koedoes
  • Saalrug rooibokke (Willem van der Merwe bloedlyn)
  • White flanked rooibokke
  • Swart rooibokke
  • Royal (wit) wildebeeste
  • Goue konings (golden kings) wildebeeste
  • Njalas
  • Wit saalrug blesbokke (Donnie van Zyl bloedlyn)