Die Goue Konings Wildebees beskik oor ‘n dubbel resesiewe geen. Dit het ook ‘n kol op die sye. Die Goue Konings Wildebees is nie ‘n kruising tussen ‘n Konings wildebees en ‘n Goue wildebees nie. Geen een van ons diere is kruisings nie. Die Goue Konings Wildebees beskik oor ‘n besonderse unieke geen wat na vore kom. Die oomblik wanneer jy begin met kruisings, dan het jy nie meer die oorspongklike dier nie. Die Goue Konings Wildebees is een van die mees treffendste kleur variante met sy ligte blonde merke oor sy goudkleurige lyf. 

Alhoewel bitter min bekend is oor die geskiedenis van die Goue Konings Wildebees, is die wat ons wel weet goed gedokumenteer deur diegene wat gelukkig genoeg is om te kan teel met hierdie pragtige diere.


Die eienskappe van die Goue Konings Wildebees:

  • Dit is nie ‘n kruising tussen ‘n King wildebees en ‘n Goue wildebees nie. 
  • Die kleur van die oë van ‘n Goue Konings Wildebees is blou, wat van kleur verander soos die wildebees ouer word. 
  • ‘n Ligte blonde streep ontstaan op die rug van die Goue Konings Wildebees en loop vanaf die maanhare tot tussen die heupe van die dier. 
  • Die Goue Konings Wildebees beskik oor ‘n wit masker oor die gesig, wat van kleur verander met ouderdom.
  • Die kol op sy sy is een van die pragtigste kenmerke van die Goue Konings Wildebees. Die kol varieer in grootte van dier tot die dier en kan verander tot en met die ouderdom van 3 jaar.


Goue Konings Wildebees Teling:

Dit is nie maklik om met die Goue Konings Wildebeeste te teel nie. Na vele gesprekke met verskeie veeartse en ander telers dink ons dat hulle oor meer as een resesiewe geen beskik. Ons het gedurende 2010 met Goue Konings Wildebeeste begin teel. In die eerste 4 jaar van teling het ons slegs “splits” gekry, en dit was eers in 2014 wat ons die eerste Goue Konings Wildebees kalfwers ontvang het. Ons het nog nooit ‘n Goue Konings Wildebees kalf vanaf F1 split ontvang nie. Die persentasie wat ons van die F2 splits ontvang het, was tot vandag nog slegs 15%.


Notas:

  • Ongeveer 40% van die F2 splits word gebore met ‘n kol op die sye. Hierdie kolle verskil grootliks in vorm en grootte van dier tot dier. 
  • Tot op datum het ons nog nie ‘n F1 split gesien wat die ligte merke op die sye vertoon nie. 
  • Al die Goue Konings Wildebees kalwers wat geboore is kom vanaf koeie wat die kol op die sye gehad het. Nogtans het nie al die koeie wat die kolle gehad het tot op datum ‘n Goue Konings Wildebees kalf gelewer nie. 
  • ‘n Goue Konings Wildebees wat met die gewone Goue Wildebees koei teel, lewer nie ‘n Goue Konings Wildebees nie, maar eerder ‘n gewone Goue Wildebees kalf.


Getalle:

Daar is baie min egte Goue Konings Wildebeeste. Die telers het tot dusver nog net sowat 50 van die diere geidentifiseer. Daar word egter geskat dat daar ongeveer sowat 150 Goue Konings Wildebeeste in Suid Afrika is, wat beteken dat die Goue Konings Wildebees een van die skaarste kleur variante is wat bestaan. Daar is ook baie min van hulle by veilings gesien wat ‘n bewys is dat hulle nie in groot getalle voorkom nie. By beide die Stud Wildtelers Veiling en die Goue Telers Familie Veiling in 2016 is Goue Konings Wildebeeste opgemerk. Hulle het opmerkend goed gevaar by die Goue Telers Familie Veiling. Hierdie lae getalle bied dan ook ‘n geleentheid vir telers om betrokke te raak by die Goue Konings Wildebeeste.