Die Royal King Wildebees / Royal Wildebees (ook bekend as die "ghost" wildebees) is die skaarste kleur variant van al die blou wildebees variante. Daar is slegs ‘n geskatte aantal van 20-30 in die wêreld. Tans is daar ook slegs 5 telers wat aktief met die Royal (King) Wildebees teel. Die kleur variante moet nie verwar word met sub-spesies nie en hulle is ook nie gebaster as gevolg van kruis teling met die verskeie sub-spesies nie.

 

Boonste foto is van n Royal Kings Wildebees bul, hy lyk bietjie rooi want hy het in die nat sand gerol. Hy is eintlik witter soos jy op die foto van die kalf regs kan sien.