Eastern White-bearded Wildebeest

Connochaetes taurinus albojubatus (Thomas, 1912; Eastern white-bearded wildebeest), kom voor in die Gregory Rift Valley (suid van die ewenaar). Hul gebied is vanaf noord Tanzania tot by sentraal Kenya. Hul het n swart gesig met lang hare op die skof asook stert. Wat baie uistaan is hul wit baard.

Western White-bearded Wildebeest

Connochaetes taurinus mearnsi (Heller, 1913; Western white-bearded wildebeest), kom voor in noordelike Tanzania en suidelike Kenya. Hul gebied strek ook van die weste van Gregory Rift Valley tot Speke Bay in Lake Victoria. Hul het n swart gesig met lang hare op die skof asook stert. Wat baie uistaan is hul wit baard.

Cookson's Wildebeest

Connochaetes taurinus cooksoni (Blaine, 1914; Cookson's wildebeest), is beperk tot Luangwa Valley in Zambia. Hul het swart gesigte met lang hare op die skof asook stert.

Nyassaland Wildebeest

Connochaetes taurinus johnstoni (Sclater, 1896; Nyassaland wildebeest), kom voor vanaf Mozambique (noord van die Zambezi Rivier) tot in oos-sentraal Tanzania. Die sub spesie het uitgesterf in Malawi. Hul het n swart gesig met lang hare op die skof asook stert. Hul het n wit streep bo die neus.

Blou Wildebeest


Connochaetes taurinus taurinus (Burchell, 1823; Blue wildebeest, gewone wildebeest of brindled gnu) kom voor in suidelike Afrika. Hul gebied strek vanaf Namibia en Suid Afrika tot by Mozambique (noord van die Oranje rivier) en van suidwes Zambia (suid van die Zambezi rivier) tot suidelike Angola.

Swart Wildebeest


Connochaetes gnou (Zimmermann, 1780; Swart wildebeest of White-tailed gnu) kom voor vanaf die Noord Kaap, die Vrystaat, die suidelike hoeveld, westelike Lesotho, westelike Swaziland en die grassveld areas onder die Drakensberg in KwaZulu-Natal. Die Swart Wildebeest is herkenbaar aan sy wit, lang perd-agtige stert.