Ras Eienskappe en Standaarde (Soos uiteengesit deur Die Wit Saalrug Blesbok Telers Genootskap)
Die belangrikste kenmerke van die Wit Saalrug Blesbok is:
- Daar moet van sy bene af spierwit tot op sy sye wees sonder ’n skeidslyn van kleur op die been
- Daar moet nie verwarring kom tussen die Wit Saalrug Blesbok en die Geel Blesbok se kleur nie. Die geel blesbok se sye is Geel.
- Hulle moet ’n duidelike rooibruin saal op die rug en nek hê
- ‘n Duidelike rooibruin streep langs sy pens
- ‘n Rooibruin kol om sy stert
- Goeie pigmentasie is ’n absolute vereiste
- Die horings , hoewe en oë mag nie pienk wees nie
- Die ooie se geslagsdele moet gepigmenteerd wees
’n DNA register word gehou van al die Suiwer Wit Saalrug Blesbokke.

